Friday, October 24, 2008

opstaan - deur koos van der merwe

"mag jy mooi wees as die lelik verby is
en jy sag kyk na elke harde tyd
mag jy bly wees as die huil verby is
en jy vrede he na die stryd

verkeerde goed kom more weer reg
en die wyn is soet na die bitter en sleg

mag jy opstaan as jy seer geval het
en jou vrae verdwyn as die antwoord kom
mag jy huis toe kom as jy klaar verdwaal het
en die winter los vir die son

en mag jy droom, mag jy ook vergeet
en op plekke woon wat van horisonne weet

jy kan opstaan as jy seer geval het
en jou vrae verdwyn as die antwoord kom
jy kan huis toe kom as jy klaar verdwaal het
en die winter lost vir die son"

1 comment:

Sunflower said...

Baie mooi! aat my nogal dink...